Sunday, January 16, 2011

'n Wonderlike vooruitsig

Ek is aangewys as een van 9 navorsingsbibliotekarisse in SA wat vir 10 weke Amerika toe gaan om meer te leer van die werking van navorsingsbiblioteke in die VSA. Hierdie sal 'n studietoer wees en ek is so opgewonde oor die vooruitsig, dat jy skaars met my kan huis hou. Hierdie hele ekspedisie word deur die Carnegie Corporation of New York befonds.

Ons vertrek op 10 Februarie 2011. My vliegtuigkaartjies is gekoop. Vrydag was ek vir my visumonderhoud by die Amerikaanse ambesade in Johannesburg en dit is sonder enige probleme toegeken.

Hierdie is 'exciting times' en heelwat moet gedoen word voordat ek kan vertrek. Ek dink onophoudelik oor wat 'n mens vir 3 maande in een tas inpak. Benjamin sluit na die 10 weke by my aan en dan gaan ons vir 2 weke toer.

2 Comments:

At January 16, 2011 at 10:30 PM , Blogger Unknown said...

Baie geluk met die aanwysing, Sunette! 10 weke is 'n lang tyd, maar deesdae met die internet is dit eintlik maar 'n klein wêreldjie waarop ons lewe.
Ek glo jy gaan elke oomblik van die studietoer geniet!
Johan

 
At January 17, 2011 at 7:45 AM , Blogger Simeon Steynberg said...

Wat 'n wonderlike voorreg. Ek het defnitief die verkeerde beroep gekies!

Geniet dit. Veral ook die tydjie wanneer Benjamin aansluit by jou.

Simeon

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home