My eerste Disaster
Ek was gister so moedeloos. Ek het verlede Dinsdagaand die heel aand spandeer om die presentation wat ek oorsee moet gaan aanbied, aanmekaar te sit. Ek het dit op my flashdisk gesave en gedink dat ek dit ook op my laptop gesave het, maar gister kon ek nie een in die hande kry nie. Ek het Donderdag 'n aanbieding by Waterbenutting gedoen en sedertdien het ek probleme met my flashdisk en het duidelik inligting daarop verloor. Marguerite (my kollega wat ook gekies is vir die program) het Vrydag vir my haar aanbieding gebring en sy het regtig goeie werk gedoen. Siende dat ek nou in elk geval weer van vooraf moet begin, sal ek maar op hare voortbou en die gate invul.
Gister het ek hoofsaaklik spandeer aan die bymekaarsit en orden van goed wat moet saamgaan. Ek het die program wat ons by die Mortensensentrum gaan volg, gekry en gelees en is baie opgewonde daaroor. Het net nog 'n klompie leeswerk om te doen voor die tyd.
Ek kyk nou eers na die Australiese ope se mans eindstryd. Die eerste stel was so goed, maar nou lyk dit asof Djokovich vir Murray gaan ore aansit. Sal vanmiddag en vanaand weer aan die presentation aandag gee.
1 Comments:
Ai die tegnologie kan mens soms so in die steek laat ....... en dit weet PRESIES wanneer ook. Nou ja, wie het gesê rugsteun is genoeg. 'n Goeie IT vriend het eendag toe my eksterne hardeskyf (waar al my rugsteun op is) oppak asook in die proses om dit te vervang .... gaan my rekenaar se hardeskyf ook, gesê dat hy gewoonlik 'n 3de rugsteun hou vir die 1 uit 100 gevalle. Baie hou nie eers een rugsteun nie ... wat van 3??
Lyk my jy geniet jou tydjie daar oorsee en is so besig dat jy nie eers tyd kry vir "braai, boerewors, biltong, ...." ens. nie. Ek is groen!! Geniet dit.
Het jy al fotos om op blog te sit?
Simeon
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home