Wednesday, February 9, 2011

Bon voyage


Vandag was my laaste dag by die werk en my kollegas het dit baie spesiaal vir my gemaak. Teetyd het Elsabe 'n heerlike vlakoek (my gunsteling) gebak en gebring vir ons almal om te geniet. Die banier en balonne het die hele afskeid baie feestelik en vrolik gemaak. Baie dankie, Elsabe.




Die mooie hangertjie om my nek het my vlak 5 kollegas gister vir my gegee toe ons lekker skons saamgeeet het, wat Elna se Anna vir ons gebak het. Daarmee saam het ek 'n pragtige kaartjie met persoonlike boodskappe van al die vlak 5'ers gekry - baie besonders. Vanmiddag het Elna my vir 'n heerlike middagete geneem. Sjoe, ek gaan almal vreeslik mis. Hierdie soort van hartlikheid moet uniek wees aan die Merenskybiblioteek.

Vanaand het die telefoon onophoudelik gelui van familie en vriende wat wou groet. Gelukkig het ons besluit om slaai te eet vir aandete en kon my kos nie koud raak terwyl ek op die telefoon gekuier het nie.

Wel, nou is als gepak en more-oggend 11:00 neem Zahna my lughawe toe vir die vergadering wat ons moremiddag op die lughawe het, voordat ons more-aand op die vliegtuig klim vir die laaaaaang vlug. Ek kan nie se dat ek na die vlug uitsien nie, maar ons moet seker op een of ander manier daar kom, so ....

1 Comments:

At February 10, 2011 at 12:44 PM , Blogger Elsabé Olivier said...

Ons sal jou gesig mis tydens tee- en etenstyd. Sterkte met die lang vlug wat wag vanaand. Ons weet egter dat jy ons universiteit se naam sal eer aandoen! Geniet die geleentheid wat jou gegun is!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home