Tuesday, February 15, 2011

'n Heerlike dag in Bloomington


Vandag is ons met die bus Bloomington toe en watter heerlike dag. Ons het Illinois Wesleyan se nuwe biblioteek, die Ames Library besoek. Dit is 'n pragtige biblioteek met 'n ouwereldse grasie met baie houtwerk, gestoffeerde leunstoele en selfs rockers. Hulle het ons heeldag getrakteer op hoe hulle dinge doen en dit was regtig baie interessant.


Ons het 'n heerlike ligte middagete saam met hulle geniet en 'n stuk sjokoladekoek vir nagereg

gehad waaroor 'n mens regtig maar kan huis toe skryf. Uit die boonste rakke. Dit is vir my interessant hoe gereeld hulle hier vir ons koue etes voorsit in die middel van die winter.

Champaigne is nie regtig vir my mooi nie, maar Bloomington het regtig vir my 'n wonderlike bekoring gehad.

Terug by die 'huis' het ons ten spyte van die koue 'n ent gaan stap. Mense, maar so 'n sneeuwind is koud.

Vanaand het Marguerite en haar woonstelmaat, Roshni, vir ons kerrie gemaak van die oorskiet waaraan ons al die heel week eet. Dit was nou heerlik, maar ons sal nog 'n paar aande daarvan kan eet.



















Naomi en Fiona by ons blyplek in Champaigne.

2 Comments:

At February 15, 2011 at 9:51 PM , Blogger Erica van der Westhuizen said...

Baie dankie vir jou interessante beriggies en die foto's. Voorspoed met die res van die verblyf in die VSA! Erica

 
At February 16, 2011 at 6:04 AM , Anonymous Anonymous said...

Dankie vir die lekker interessante fotos en nuus!
Sunette, epos asseblief vir my dringend jou chemiese ingenieurswese en chemie aanbiedinge en brosjures om uit te deel aan die studente. Ek kry glad nie jou epos met die attachments nie.
Asseblief!
Delete maar die comment van my.
Groetnis Marié

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home