Wolf houling night at Battle Ground
Die gehoor is kortliks verduidelik wat die geluid is wat wolwe maak, wat basies net 'n lang ooooo op een noot is. Die wolwe het aanvanklik op die oorkantste bank van die dam water gele en slaap. Hulle het wakker geword van ons ge'houl' en wraggies begin terug 'houl'. Dit was ongelooflik om hulle te hoor. Na 'n ruk het 'n ander groep 'n bietjie verder in 'n ander kamp begin antwoord. Hulle het 'n manier om op te staan en almal bymekaar te gaan staan wanneer hulle so huil. Daar is 'n 'kleintjie' (1 jaar oud, maar lyk glad nie so klein vir my nie) wat ook deel is van die trop wat heel van 'n ander deel af aangehardloop gekom het om saam met hulle te kom 'houl'.
Heel naby was ook 'n trop cyotes (dink dis hoe dit gespel word) wat ook tussendeur gehuil het. Hulle klink heel anders.
Die wolwe word op 'n baie jong ouderdom van hulle ma's weggevat en dan handgrootgemaak deur die familie wat by die park bly. Dit is om hulle aan daardie mense spesifiek gewoond te maak en hulle naby hul trop toe te laat, soos in die foto's gesien kan word. Hierdie mense het hulle dan ook by hul name geroep toe hulle nog anderkant die water was, om nader te kom, sodat ons mense hulle beter kon bekyk. Dit het nogal 'n rukkie geneem voordat hulle besluit het om te reageer. Hulle se 'n wolf is baie intelligent en opleibaar, maar reageer omtrent so goed soos 'n kat wanneer 'n mens hulle roep. Hy sal kom as hy lus is, of as die beloning goed is. Als en als was dit 'n heerlike en interessante aand, die koue buite ten spyt. Jammer my foto's het nie so wonderlik uitgekom nie. Julle sal my maar moet glo.
By die wolfpark is daar ook 'n kamp met die Amerikaanse buffalo. Lyk vir my 'n bietjie anders as ons buffels. Weereens is my foto nie baie duidelik nie, soos meeste wildtuinfoto's maar. Die goed het vir my meer soos die bison gelyk - baie harerig aan die voorkant.
Hier is ek en Charlotte by die Tippecanoe Battlefield. Hierdie is 'n nasionale gedenkwaardigheid. In 1811 het die veldslag van Tippecanoe tussen die Amerikaanse soldate en 'n groep indiane hier plaasgevind. Die Amerikaners wou vir eens en altyd die area skoonmaak van die Indiane en die Indiane wou uit die aard van die saak vir eens en altyd die Amerikaners van hul land verjaag. Dit was 'n reuse bloedbad. 'n Mens kan daar lees presies hoeveel Amerikaanse soldate daai dag omgekom en hoeveel beseer is. Daar word geen melding gemaak van die indiaanse ongevalle en sterftes nie. Dit klink vir my baie na die slag van Bloedrivier.
Hierdie is 'n kennisgewing by die Tippecanoe Battlefield omtrent besoedeling en die grafering van harte op die boom se stam wat tot die vernietiging van 'n reuse boom gely het.
Vanaand het ek en Charlotte by Arni's gaan eet. Dis nou vir jou 'n interessante restaurant met die interessantste interieur. Hierdie voorkant van 'n trok is in die ingangsportaal en die res van die restaurant is ewe interessant versier met voertuigdele en allerlei ander antieke goed.
Vroeer het sy my na 'n bakkery geneem om lekker vars brood te gaan koop. Ek het nou die dag tydens middagete gese dat ek nog nie lekker brood hier te koop kon kry nie en die mense om die etenstafel kon dit eenvoudig nie glo nie. Siende dat ons klaar geeet het vanaand, sal ek die brood more uitprobeer.
3 Comments:
Dit klink nou baie interessant en laat my dink aan Kevin Costner se Dances with Wolves...
jy moet die brood eet voor dit muf... ;-)
I also found the "wolf howling" to be an amazing experience. It's difficult to comprehend unless you're actually participating.
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home