Wednesday, March 9, 2011

Lugvaartkunde op Purdue


Hierdie is die lugvaartkundegebou by Purdue Universiteit. Dit is na niemand anders as Neil Armstrong vernoem nie en hier sit hy ewe breed voor die gebou. Hy het al sy geskrifte aan die universiteit geskenk en dit word in die gebou se argief bewaar.



Binne-in die gebou is daar 'n replika van die Apollo 1 kapsule. Die Apollo 1 is in Januarie 1967 gelanseer, maar 'n brand het ontstaan en die hele bemanning is uitgewis.









Hier neem die studente deel aan 'n zero gravitasie eksperiment van NASA en geniet dit duidelik baie.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home