Purdue kampus
Ek het my eerste werksdag in die ingenieursbiblioteek van Purdue universiteit oorleef. Almal gaan uit hul pad om my tuis te laat voel en tegemoet te kom. Ek moet se dis nogal 'n bietjie oorweldigend en dinge word sowaar hier op 'n ander skaal gedoen. Hier gaan ek nog 'n klomp dinge leer. Almal is nogal heel genee om afsprake met my te maak. Daar word tot 'n ete 'in my honour' Vrydagaand gehou. My kantoor is in die kelderverdieping van die ingenieursbiblioteek. Ten minste is ek beskerm as 'n sikloon of 'n ding ons hier tref. Toe ek 'n bietjie meer as 'n week gelede hier was, het my kantoor soos 'n pakkamertjie gelyk en ek was nie baie opgewonde daaroor nie. Hulle het dit egter baie mooi opgeruim en selfs prente teen die mure gehang, so dit lyk nou heel skaflik. Hier is tot 'n persoon wat my stoel en tafel ergonomies vir my kom pas en onmiddelik werk gemaak het daarvan toe die tafel te hoog en die stoel te laag is en die keybord nie heeltemal reg nie. Whao.
Dit lyk asof ek hier 9 - 5 sal werk. Na werk was ek so dapper om die koue aan te durf en die kampus 'n bietjie te gaan verken. Ek het hierdie paar foto's in my omswerwinge geneem. Teen 7 uur was dit regtig sterk skemer/ amper donker en het ek maar teruggegaan hotel toe.
Hierdie is die administrasiegebou.
Met al my gerondlopery en 'n besige dag op kantoor, kom ek toe eers vanaand by my e-posse uit en sien dat Zahna Sondagaand al in 'n motorongeluk was. Dis nou nie lekker nuus om hier in die verte te hoor nie. Ek is so jammer vir haar. Benjamin weet nie of hulle haar karretjie sal kan regmaak nie. Dit klink darem nie asof sy te erg seergekry het nie, ten spyte daarvan dat die persoon agter haar haar geweldig hard getref het.
2 Comments:
So jammer om te hoor van Zahna - laat weet as ons kan help met iets. Die kampus lyk indrukwekkend. Ek is net so beindruk dat hulle jou tafel en stoel so kom regstel het - dis ongelooflik!
Great photos. Makes me feel quite nostalgic ...
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home