Ek het nou 'n drukkie nodig
Ek het vandag besef dat na 'n week weg van die huis en my vriende, ek nou ernstig 'n behoefte het aan 'n drukkie. Ek vind myself dat ek lus het om mense te druk, maar almal lyk so gereserveerd, so ek weerhou my maar daarvan. Julle ouens wat my ken, sal weet dat dit nie in my aard is om rond te gaan en mense te druk nie, so die gemis aan aanraking is groot.
Vandag het ons in die geselskap van Illinois se biblioteekkundestudente deurgebring. Biblioteekkunde kan slegs op nagraadse vlak in die VSA studeer word. Dit word glad nie as 'n voorgraadse kursus aangebied nie. Die eerste deel van die oggend het 'n klomp van hulle aanbiedings gedoen oor die jongste tendense op verskillende gebiede, soos in argiewe, 'data curation' - baie interessant vir my, e-government, public libraries, corporate libraries, e-learning m.b.v. Moodle, ens. Hierso gaan die mense nie in vir teetyd of koffietyd nie. Ons lot suffer nogal. Ek het nie gedink ek sou so dors word nie. Ek koop nou maar soggens vir my 'n bottel water voordat ons begin.
Die tweede helfte van die oggend het ons saam met Afrikastudie studente spandeer. As deel van hul kursus moet hulle o.a. 'n Afrikataal aanleer. Twee van hulle het Zulu geleer en het nogal heel vlot met Biziwe kon gesels
Hier is Fiona met 'n 'sakkie' tee. 'Everything is bigger in America'
Vanaand het ons na 'n gratis jazz konsert in die Kraenert Hall op die kampus gaan luister. Die kunstenaars was heel goed en daar was gratis wynproe en kaas, prezels en beskuitjies.
0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home