Tuesday, March 8, 2011

Mardi Gras in Lafayette

Dit is vandag Mardi Gras in West Lafayette. "Mardi Gras is French for "Fat Tuesday", referring to the practice of the last night of eating richer, fatty foods before the ritual fasting of the Lenten season, which begins on Ash Wednesday." Wikipedia.

More is dit Ash Wednesday. Ash Wednesday derives its name from the practice of placing ashes on the foreheads of adherents as a sign of mourning repentance to God.

Op 17 Maart word St. Patrick's day gevier en alreeds is alles in die winkelvensters groen. Dit is so erg dat ek nou die dag by 'n kampus klerewinkel gevra het of groen hul universiteitskleure is. Selfs Purdue t-hemde en sweetpakke is in groen beskikbaar.

Ek het vanmiddag gaan inkopies doen by 'Pay Less'. Dis amper soos 'Pick & Pay' Daar het hulle sommer St'Patrick's dag en die Mardis Gras gekombineer.

Ek het al rooi aartappels in restaurante bestel en geeet, maar dit is die eerste keer wat ek dit vanmiddag in 'n supermark gesien het.

Verder het dit vandag al heelwat beter by die werk gegaan. Ek vind al glad my eie pad - wel soortvan. Ek is soms nog onseker, maar kom darem altyd op die regte plek uit. Ek het nog nie die tonnels onder die kampus probeer nie - is te bang ek verdwaal as ek nie bakens het nie. So, ek trotseer maar die koue. Vandag was nogal nie te erg nie.
Het 'n goeie gesprek gehad met die inligtingkundige vir chemie, chemiese ing. en materiaal ing. Hy het ongelooflike opleidingsprogramme wat geintegreerd is by die studente se kurikulum en selfs krediete tel. Ek kon 'n paar van hierdie programme by hom afgerokkel kry om saam te neem huis toe sodat ek kan kom wys. Verder het ek lang gesprekke met Charlotte by wie ek ook baie leer. Ek voel eintlik skuldig, want sekerlik moet sy ook projekte he waaraan sy moet werk. Almal is nogal baie vrygewig met hulle tyd as ek daarvoor vra en dit is almal mense wat genoeg werk het om hulle mee besig te hou.

Middagetes spandeer ons saam met die Geesteswetenskappe biblioteek se bibliotekarisse, 'n interessante en vrolike klomp. Laat my nogal aan ons tee en middagete groep dink. Ek vind nogal maklik aanklank by hulle soort humor en vind dat ek daarby kan aanhaak. Moremiddag het ek 'n ete- afspraak met die 'Dean of libraries' Jim Mullins, en een van die adjunk dekane.




0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home