'n Braai in die VSA
Ons was gisteraand uitgenooi om aandete by Richard en Susan Schnuer by hul huis te geniet en was ons verbasing groot toe hulle vir ons 'n grill (braai) uitpak. Hulle het 'n soortgelyke gasbraaier as wat ons by die huis het en het vir ons hoender, varkworsies en salm gebraai. Dit en al die bykosse was absoluut heerlik. Die porselein kameelperdjie agter Susan het ons vir haar as geskenk saamgebring uit Suid-Afrika.
1 Comments:
Hi Sunette
Hier is die peer review proses nou in volle glorie aan die gang en Prof Mullins kuier nou by ons en vra sy vrae hier! Ons mis jou teetyd, maar ek is ook so besig op die oomblik dat dit voel of die tyd nou regtig vlieg. Dis een van die dae dan al weer Maart en dan begin die herfs. Groete - ek hoop jy het al 'n drukkie gekry...!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home