Monday, March 14, 2011

Die eerste tekens van lente in Lafayette



Ten spyte van 'n temperatuur van 0 grade C toe ek vanoggend werk toe gestap het, kan 'n mens, as jy baie mooi kyk, sien dat die bome begin bot.

My oggend het bestaan uit afsprake en besoeke by twee van die 11 departementele biblioteke op die Purdue kampus. Die eerste was in die voorgraadse biblioteek. Hierdie pragtige muurskilderye is in hierdie biblioteek.



Daarna is ek saam met Gretchen, bibliotekaris van die Veeartsenykunde biblioteek na hulle biblioteek. Sy het my per motor soontoe geneem, alhoewel ek nie dink dit is heeltemal so ver van die kampus as wat Pretoria se veeartseny kampus is nie. By die vet biblioteek het hulle verskeie kunswerke wat nogal die oog vang en elk 'n baie interessante storie het.
Volgens legende het al die diere en mense uit 'n klip uitgeklim en lewendig geword. Heel agter is hierdie klip met die gapings waar die mense en diere uit voortgekom het.







Behalwe dat hierdie baie aanskoulike beeldhouwerke is, is dit ook 'n anatomieles. Op die perd kan die anatomie van die perd gesien word.






Die vark vertoon die senuweestelsel aan die een kant en so ook die kat.














Hierdie hond staan wag by die ingang na die biblioteek.








Die titel van hierdie dier is 'From hand to paw'. Die detail daarop is ongelooflik.






Dagligbesparing het gister hier in Indiana in werking getree en ek moes my horlosie weereens 'n uur vorentoe skuif. Dit impliseer dat ek gister 'n uur verloor het, vanoggend 'n uur vroeer moes opstaan (in die donker), maar vanaand het dit later lig gebly. So, ek kon na werk ver gaan stap. Hier is 'n klein 'village' nie ver van my hotel af nie - meestal restaurante - maar ek het soontoe gestap en bietjie rondgedwaal tot ek weer by 'Downtown' van Saterdag uitgekom het. Hierdie foto is van die stapbrug oor die Wabashrivier geneem. Dit is nogal 'n mooi uitsig.
Daar is 'n reuse boekwinkel net voordat 'n mens by hierdie brug kom wat 'n 'closing down sale' het. Daar was so baie boeke wat teen belaglike pryse verkoop word; ek het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Uiteindelik is ek daar uit met 2 CD's wat tesame $6 gekos het. Die een is kersmusiek van Il Divo en die ander 'n CD van Beth Midler. Die DVD's is net so goedkoop, maar ek was maar skrikkerig dat dit nie op ons DVD spelers sal kan speel nie, so toe los ek dit maar. Ek het onder ander Thornbirds daar gesien en baie lus gewees om dit te koop. Whao, sou ek dit nie graag weer wou sien nie.









4 Comments:

At March 15, 2011 at 1:36 AM , Anonymous Anonymous said...

Pragtige foto's Sunette en alles is interessante nuusbrokkies. Dankie dat jy so baie moeite doen.

 
At March 15, 2011 at 2:07 AM , Blogger Antoinette said...

Dit is die mooiste kunswerke, Sunette. Baie dankie dat jy dit met ons deel. Ek sal wat wil gee dat ons ook sulke mooi goed hier by ons op Onderstepoort kan hê. Ek geniet jou en Marguerite se Blogs vreeslik baie. Dankie daarvoor.
Mooi werk verder

 
At March 15, 2011 at 6:44 AM , Blogger travel.com said...

Hi Sunette
I can see that you are having a wonderful time!!
nice art work. Enjoy your stay !!

Sonto Mabena

 
At March 15, 2011 at 11:54 AM , Blogger Elsabé Olivier said...

Pragtige kunswerke en dankie dat jy dit met ons deel. Dit moes 'n fortuin gekos het!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home