Kuns, voels en nuwe vriende
Hier is in elk geval vir julle gerief 'n prentjie van hoe hierdie uil lyk. 'n Rukkie gelede het iemand 'n video van hierdie uil en kleintjie gemaak en dit op youtube gesit. Gaan kyk gerus by http://www.youtube.com/watch?v=O_UAuzFhCRk . Dis nogal goed gedoen.
Vanoggend het ek hierdie voel voor my kamervenster in 'n boom gesien en vanmiddag uitgevind dat dit 'n 'cardinal' is en ook Indiana se 'state bird'. Die 'red winged blackbird' is die mees algemene voel wat ons in die 'marsh' te siene gekry het. Hulle is nogal baie mooi in vlug wanneer daardie rooi gedeelte oopvou.
Persoonlik het ek die heel meeste van hierdie blue jay gehou. My foto is ongelukkig nie baie goed nie. Ek het dit van binne die besoekersentrum geneem. Hulle het amper iets soos 'n skuiling binne hierdie sentrum, waar 'n mens baie gemaklik kan sit en na die voels buite kyk. Daar is mikrofone aan hierdie voerhokkies vas wat dan die voelgeluide aan die binnekant van die gebou speel, sodat dit amper voel of jy daar by hulle is. Dit was vanmiddag nogal 'n goeie idee, want dit was verbitterlik koud. My swart hoed het net niks gehelp nie - die wind het eenvoudig dwarsdeur dit gewaai.
Hier sit ek, Gretchen, Sarah en Charlotte en geniet 'n heerlike aand saam uit.
Ek antwoord net gou op sommige van die kommentare wat ek op my blogs gekry het. Johan, my bakkery brood het na 'n week darem nog nie gemuf nie.
Elsabe, sommige mense hier bring ook hulle eie kos van die huis af saam vir middagete, maar die meeste koop maar soos ek iets by die studentesentrum en dan eet ons dit almal saam daar, ongeag of jy dit daar gekoop of saamgebring het. Daar is nege verskillende plekke in die studentesentrum waar jy kan kos koop en verder oorwegend algemene sitplek rondom hierdie eetplekke. Nie een van hierdie eetplekke het mure rondom nie. Niemand sal jou verjaag as jy sommer net daar wil sit nie. Jy gaan koop jou kos, eet dit en ruim self op agter jou. Alles word bedien in weggooibare houers, wat jy in asblikke gooi wanneer jy klaar is. Jy eet ook met plastiekmesse en vurke, wat jy weggooi wanneer jy daarmee klaar is. Selfs in die hotel waar ek bly, is daar slegs plastiekbekertjies, bordjies, messe, vurke en lepels. Dit is die eerste ding wat ek vir my gaan koop het nadat ek hier gekom het; 'n glasbeker, 'n glas, en behoorlike messe, vurke en lepels. Dit was vir my te erg om tee uit 'n kartonbekertjie te moet drink.



0 Comments:
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home