Monday, March 21, 2011

My aanbieding is verby!!!

Sjoe, dis nou vir jou 'n verligting. Die hoer onderwys van SA is nou nie juis die onderwerp waaroor ek gewoonlik praat nie, maar dit is wat vir my gegee is en dit is wat ek vanoggend gedoen het. Ten spyte daarvan dat die aanbieding klaar was toe ons VSA toe gekom het, het ek heelwat idees by die ander 8 bibliotekarisse van SA gekry toe ons nog in Champaigne/Urbana was. Ons het aanbiedings iutgeruil en so het my eie aanbieding taamlik lyf gekry. Ek het ook heelwat van die UP biblioteek se selfevalueringsverslag bygewerk. By die Mortensen sentrum, Illinois het hulle ons ook gekrit en nadat ek al hierdie dinge in aanmerking geneem het en gister heeldag gewerk het daaraan, dink ek die eindproduk was heel goed. Dit het die gewensde uitwerking gehad en heelwat bespreking na die tyd ontlont. Ek het twee ure na my aanbieding eers in my kantoor uitgekom. In daardie tyd het 'n paar van ons darem gaan eet ook en die bespreking voortgesit.
Ek dink die aanbieding het net op die regte tyd gebeur. Dit het my genoeg tyd gegee om my omgewing eers te leer ken en die aanbieding ook by hulle verwysingsraamwerk aan te pas. Nou is daar ook nog genoeg tyd oor om daarop voort te bou. Ek begin al hoe meer die wysheid van die lang tydperk wat ons hier moet deurbring, insien. Ek het na die eerste week hier by Purdue gedink ek het omtrent almal ontmoet en die meeste goed gesien, maar ek besef nou dat ek nodig het om tyd met die mense deur te bring om regtig te verstaan hoe hulle en hulle koppe werk. Natuurlik moet daar ook eers 'n vertrouensverhouding opgebou word voordat mense hulle vreugdes en frustrasies met 'n mens begin deel. Ek vind dit baie bevredigend.

In my heerlike ontspanne toestand toe ek vanmiddag terugstap hotel toe, kon ek ook aandag gee aan al die eekhorinkies wat hier op die kampus rondhardloop en skarrel vir iets om te eet tussen die droe wintersblare. Daar was hordes op die grond rond, maar hulle wou nie mooi stilsit dat ek hulle kon afneem nie, so hier is darem een in die boom wat lank genoeg stilgesit het.

2 Comments:

At March 21, 2011 at 11:39 PM , Anonymous Anonymous said...

Baie geluk met jou aanbieding Sunette.

 
At March 24, 2011 at 10:09 AM , Blogger Elsabé Olivier said...

Is saam jou bly dat dit nou verby is! Jy was gister weer 'n besprekingspunt in die teekamer, so ons vergeet jou nie!

 

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home