'n Interessante Dinsdag
Purdue het die interessante gebruik dat een gemeenskaplike leesboek aan alle eerste jaar studente voorgeskryf word om te lees, ongeag jou studierigting. Hulle noem dit 'common reading'. Hierdie boek word sommer by jou verwelkomingsbrief ingesluit wat jy ontvang sodra jy hoor dat jou aansoek om te studeer aan Purdue universiteit goedgekeur is. Hierdie jaar se common reading is: The immortal life of Henrietta Lacks/ deur Rebecca Skloot. Ek het vanmiddag 'n paneelbespreking bygewoon waar professors van verskillende departemente bespreek het hoe hulle hierdie boek by hulle verskillende vakrigtings gaan inkorporeer as besprekingspunt. Dit is 'n boek wat heelwat etiese issues aanspreek, asook gesondheid, rou, ekonomie, ens. Dit was werklik interessant om te hoor hoe die verskillende fakulteite beplan en mekaar raad gee oor hoe om dit in hul kursusse in te sluit.
Vanaand het Donna Ferullo, die kopieregbibliotekaris my vir aandete uitgeneem, en raai wat? Ek het weer salm geeet. Dit was 'n pragtige restaurant met 'n heerlike huislike atmosfeer en die geselskap was goed.
Ek het vandag 'n e-pos van Thea Heckroodt gehad waarin sy my vertel het van hul predikant se preek Sondag waar hy basies gese het dat ons dit aan onsself verskuldig is om ook gereeld te rus en meer spesifiek in Hom te rus. Ek het besef dat in my poging om soveel as moontlik gedoen te kry, sit ek saans tot 11 uur voor die rekenaar en kry eenvoudig nie genoeg rus nie. Ek sal 'n plan moet maak en strepe moet begin trek en tyd moet maak om by Sy voete te gaan sit en rus.
More aand sal ek waarskynlik nie by skryf uitkom nie, want ek is genooi om saam met Charlotte die jaarlikse Soybean and corn awards dinner in Indianapolis by te woon. Ons sal seker eers laat terugkom.
1 Comments:
Mmmm, volgens hulle standaarde, doen ons ook "sexy stuff"? Ek dink die "common reading" is 'n fantastiese idee!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home