Tuesday, March 29, 2011

Philadelphia

Die weersiens van ons klomp Suid-Afrikaners was omtrent 'n lekkerte en ons kon net nie uitgekuier raak nie. Na ontbyt in die Reading Market het ons Philadelphia of Philly soos daar hier daarna verwys word, gaan verken. Ons het begin met 'n toer deur die Independence building. Daarna die liberty bell.
Die grootste orrel ter wereld is in 'n klerewinkel, genaamd Macy's te vinde. Hierdie orrel het 28 500 pype en dit strek oor 3 vloer. Daar is elke dag om 12:00 en weer om 5:30 nm 'n uitvoering op die orrel waarna 'n mens kan gaan staan en luister. Ek was 3x daar om te luister. Wat 'n belewenis.







Hierdie is een van 3000 muriels in Philly.






Hier is die eintlike rede waarom ons in Philadelphia is - die ACRL konferensie. Dit staan vir Association of College and Research Libraries. Daar was 3 000 afgevaardigdes en die program was ontsaglik vol en so moeilik om van te kies.


Op die tweede dag van die konferensie het ek op pad terug van middagete af tot 'n reuse val gekom, 'n groot stuk sypaadjie gekoop en uiteindelik gaan kyk hoe hulle dinge in Thomas Jefferson opleidingshospitaal se ongevalle doen. Dit was omtrent 'n ondervinding. Gelukkig het ek toe darem nie 'n rib gebreek soos ek gedink het nie, en net 'n spier baie lelik beseer. Dit is nou al 'n week later en ek suffer nog steeds. Seker maar my eie skuld. Ek is so bang ek mis iets, dat ek nie soveel anti inflammatoriese medisyne drink as wat ek behoort nie en die ding raak net al seerder. Na 'n baie pynlike dag gister, het ek maar begin om die volle dosis medisyne te gebruik en dit gaan vandag aansienlik beter.


Soos julle kan agterkom, was ek so besig in Philly dat ek nooit by blog kon uitkom nie.

0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home