Sondag in Lafayette
Dit het gisteraand begin sneeu en toe ek vanoggend opstaan, was dit hoe dit buite my kamervenster gelyk het. Vandag was nie heeltemal so koud nie en teen vanmiddag het die bietjie sneeu alweer gesmelt.
Ek was vanoggend vir die eerste keer kerk toe sedert ek weg is by die huis. Hier is 'n kerk, die University Church at Purdue, sommer so skuins oorkant die hotel, waarheen ek gegaan het. Die pastor, Dr Will Miller, kom groet elkeen wat in die kerk inkom, sommer daar in die bank waar ek ongemerk probeer inslip het. Hy wou weet of dit my eerste keer by hulle is (kon dit seker op my gesig sien) en wou toe ook weet of ek gewoonlik kerk gaan daar waar ek bly. Toe ek se dat ek van SA af is, se hy: "Get out of here!!!" Hoe moes ek nou voel, maar gelukkig weet ek teen hierdie tyd om hierdie Amerikaners nie te ernstig op te neem nie. Die diens is baie besig, met baie mense wat daaraan deelneem. Die preek self was uit die bergpredikasie en 'n baie kort gedeelte van die diens. Die 'pastor' het duidelik gespesialiseer in humor en sielkunde, want het die mense behoorlik vermaak. Ekself was 'n bietjie stadig om al die humor te vang, maar dit is seker an aquired taste, wat ek nog nie heeltemal ontwikkel het nie. Gelukkig het hy ons darem nie verskree nie. Ek was bang vir so 'n dominee. Met die singery het dit heel goed gegaan. Daar was slegs kitaarbegeleiding en een voorsanger. Die samesang is nie te hartlik nie - hulle kan 'n paar lesse by Valleisig kom leer. Ek het darem so van die 3de 4de reel van elke lied kon inval en saamsing.
My middagete was Meksikaans. Het so 'n paar blokke van my hotel af 'n klompie restaurante gekry en dit het vir my die beste van die lot gelyk. Ek het lekker geeet en was nie teleurgesteld nie.
2 Comments:
Hi Sunette - dit lyk of jy dit geniet daar. Ek was ook vanoggend kerk toe. Ook bietjie minder georden as die dienste waaraan ek gewoont is, maar ek sal weer gaan. Die mense is baie gaaf.
Bly jy voel al so tuis en dat jy jouself so goed inburger!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home