My nuwe huis
Heelwat het gebeur sedert ek laas geskryf het. Ons het nog 'n propvol twee dae by die Mortenson sentrum deurgebring en Dinsdagaand afgesluit met 'n gradeplegtigheid en dinee. Ons het ewe elkeen 'n sertifikaat ontvang. Dis nou nie 'n baie goeie foto nie, maar dis ek daai.
Voordat ek van Champaigne af weggaan, moes ek darem eers vir my 'n man optel - al is dit nou net 'n standbeeldman. My sneeuman het mos gesmelt. Hierdie een lyk vir my meer permanent.
Oorgewig is 'n lelike ding, veral as jy jou tas op 'n dieet moet sit. Dit is wat op Champaigne lughawe gebeur het. Feitlik almal van ons moes oorpak om 'n $60 boete te voorkom. Hier pak Lucia haar tas oor. Al die swaar goed moes toe in ons handbagasie gaan en vir die res van die dag het ons gesuffer.
Ek moes 3 ure oorstaan op Chicago. Daar was so baie tyd en ons het so lekker gekuier vir oulaas, dat ek toe sowaar my vlug verpas Indianapolis toe. Toe ek agterkom ek moet hardloop, hardloop ek in die verkeerde rigting, en land by 'n hek aan die teenoorgestelde kant van daai reuse lughawegebou van waar ek moes wees. Teen die tyd wat ek by die regte hek uitgekom het, het my vliegtuig sonder my gery. Dit was nogal 'n skok en ek was so vies vir myself. Gelukkig was daar 'n vlug 1 1/2 uur later waarop hulle my kon inboek sonder enige addisionele koste. Ek het 'n lessie geleer. Gelukkig het Charlotte my gebel en kon ek haar waarsku dat ek later sou wees.
Hier is foto's van my nuwe huis waar ek vir 8 weke ingeboek is, alhoewel ek net 5 daarvan hier gaan spandeer. Ek kan darem my goed hier uitgepak los en telkens hierheen terugkom. Die foto's is van die foyer van die Union Club Hotel, waar ek bly en die ander is my sitkamer/eetkamer/kombuis en my slaapkamer. Kyk net daai lekker gemakstoel. Dit sit tog te lekker. Dan het ek sowaar nog 'n tv ook in elke vertrek en ek is nie eens 'n tv-persoon nie. Ek gebruik dit op die oomblik om musiek te luister.
Op die grondvloer van die hotel is daar 'n kamer met wasmasjiene en droeers waar ek my wasgoed kan doen en langs dit is 'n kleinerige gym. Ek het goeie voornemens om nog daarvan gebruik te maak , maar het vandag heeldag aan my verslag gewerk. More beplan ek om my presentation, wat ek hier moet lewer, klaar te maak en dan is ek reg vir hulle.
3 Comments:
WOW!!! Lekker om 'n VIP te wees. Skoon jaloers. Geniet die luuksheid. Sterkte met jou aanbieding (en gym..... :-))))
Jou nuwe huis is pragtig - ek glo jy gaan jou tyd daar baie geniet!
Snap!! This is the same comfortable accomodation which I had and so conveniently situated to everywhere on the Purdue campus. It was just a minutes walk to the Engineering library in the mornings. I am sure you also find it convenient Sunette.
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home