Monday, April 4, 2011

New York

Ons is uiteindelik in New York. Ek kan my eie geluk nog nie glo nie. Alles beweeg teen 'n ongelooflike tempo en hier is ongelooflik baie mense en motors. Hier is net 'n paar van my foto's wat ek geneem het terwyl ons New York gistermiddag nadat ons hier aangekom het, verken het en weer vanmiddag nadat ons ons dag se program by die Carnegie Corporation of New York, ons sponsors, voltooi het. Gistermiddag het ek en Biziwe, my kamermaat vir hierdie week, sommer net agter ons neuse aangestap, maar in die proses by Brandt park uitgekom. Uiteindelik het ons met die bekende 5th Avenue teruggestap. Sjoe, maar daar is vir jou mooi winkels. Ons hotel is reg oorkant Radio City Music Hall gelee, so baie lekker sentraal. Vandag moes ons terugvoer gee oor wat ons sover in die program geleer het en nogal 'n hele klomp heel ingewikkelde vrae antwoord. Ons is behoorlik tot verantwoording geroep oor die tyd wat ons tot hier spandeer het. Dit was 'n goeie, maar uitputtende dag.



Vanmiddag het ons na Central Park toe gestap en tot vir Alice in Wonderland daar raakgeloop. Dit is regtig 'n ongelooflike park en ons het omtrent 2 ure daar rondgeloop.

More gaan ons nou op 'n behoorlike toer van Manhatten, asook op 'n boot. Sien baie uit daarna.



0 Comments:

Post a Comment

Subscribe to Post Comments [Atom]

<< Home