Benjamin is eindelik hier en West-Lafayette is in bloei
Om die tyd om te kry gisteraand, het ek op die kampus rondgeloop en die pragtige bloeisels afgeneem. Hier is 'n paar foto's. Ek kan nie glo dat die dooie stompe van 'n paar weke gelede nou so pragtig lyk nie.
Nog steeds is dit nie vreeslik warm nie en gaan West Lafayette gebukkend onder storms en het selfs nou die aand 'n amper tornado beleef. Dit was nogal vreesaanjaend toe die alarms afgaan. Daar was voortdurende waarskuwings op die televisie. Genadig het die beker my toe darem verbygegaan.
Verlede Sondag het ek omtrent 'n minder aangename belewenis op Dulles lughawe, Washington gehad. My 5:00 nm vlug is gekanselleer. Die vorige dag was daar ook verskriklike storms en die lughawe was in chaos
More vertrek ek en Benjamin Chicago toe vir die res van die Paasnaweek per Amtrak (trein).
1 Comments:
Ek is bly vir jou dat Benjamin nou daar is! Dink aan julle en hoop dat die paasnaweek een fees was so saam!
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home