Disney World
Die eerste dag is ons na die Epcot park, wat ongelooflik was.
Ons is met 'n simulasietuig mars toe gestuur. Dit was erg, maar lekker. Ons het verskeie goed meegemaak en beleef. Onder andere in 'n sweeftuig oor verskeie landskappe gesweef. Dit was waarskynlik vir my die lekkerste van alles.Ons het ook na twee lande op 'n 360 grade skerm gekyk. 'n Mens kyk letterlik staande daarna en probeer jou nek afdraai om al die kante gelyk te kan sien.
Die tweede dag is ons na Animal world. Dit was nie heeltemal so goed as die vorige dag nie. Ons hoogtepunte hier was die 'flight show' waar 'n verskeidenheid werklike voels in vlug aan ons vertoon is. Ek het nooit besef die condor en 'bald eagle' is so groot nie. Die ander hoogtepunt was die 'It's hard to be a bug' show. Dit was 'n imax vertoning, maar die bugs het ons aangeval en actially van agter in die rug gesteek. 'n Hele klomp kinders was in trane. Heel aan die einde het 'n mens gevoel hoe 'n klomp goggas onder jou sitvlak deurhardloop. Grillerig.
Hier is die voertuig waarmee ons op safari gegaan het deur Afrika.
1 Comments:
En hoe voel dit om op 'n motorfiets te sit? LeRoy sê hy vergewe julle maar omdat jul op 'n Harley sit...julle kon seker nie 'n BMW daar kry nie ! :-)
Post a Comment
Subscribe to Post Comments [Atom]
<< Home