Tuesday, March 29, 2011

Philadelphia

Die weersiens van ons klomp Suid-Afrikaners was omtrent 'n lekkerte en ons kon net nie uitgekuier raak nie. Na ontbyt in die Reading Market het ons Philadelphia of Philly soos daar hier daarna verwys word, gaan verken. Ons het begin met 'n toer deur die Independence building. Daarna die liberty bell.
Die grootste orrel ter wereld is in 'n klerewinkel, genaamd Macy's te vinde. Hierdie orrel het 28 500 pype en dit strek oor 3 vloer. Daar is elke dag om 12:00 en weer om 5:30 nm 'n uitvoering op die orrel waarna 'n mens kan gaan staan en luister. Ek was 3x daar om te luister. Wat 'n belewenis.







Hierdie is een van 3000 muriels in Philly.






Hier is die eintlike rede waarom ons in Philadelphia is - die ACRL konferensie. Dit staan vir Association of College and Research Libraries. Daar was 3 000 afgevaardigdes en die program was ontsaglik vol en so moeilik om van te kies.


Op die tweede dag van die konferensie het ek op pad terug van middagete af tot 'n reuse val gekom, 'n groot stuk sypaadjie gekoop en uiteindelik gaan kyk hoe hulle dinge in Thomas Jefferson opleidingshospitaal se ongevalle doen. Dit was omtrent 'n ondervinding. Gelukkig het ek toe darem nie 'n rib gebreek soos ek gedink het nie, en net 'n spier baie lelik beseer. Dit is nou al 'n week later en ek suffer nog steeds. Seker maar my eie skuld. Ek is so bang ek mis iets, dat ek nie soveel anti inflammatoriese medisyne drink as wat ek behoort nie en die ding raak net al seerder. Na 'n baie pynlike dag gister, het ek maar begin om die volle dosis medisyne te gebruik en dit gaan vandag aansienlik beter.


Soos julle kan agterkom, was ek so besig in Philly dat ek nooit by blog kon uitkom nie.

Saturday, March 26, 2011

Kuns, voels en nuwe vriende

Vanmiddag het Nancy, een van die assistent dekane van die biblioteek, my kom oplaai vir 'n middag uit. Sy het my eerstens na hierdie unieke kunswerk van Patrick Dougharty geneem. Dit is getiteld 'Sidewinder' en is gemaak van 'black willow and red maple saplings'. Die takke is net eenvoudig in mekaar geweef. Die hele kunswerk vorm 'n doolhof van gangetjies waardeur 'n mens in werklikheid kan loop. Dit is nogal pret. Later die middag het Nancy se man, Bob, my 'n boek gewys waarin Patrick Dougherty se ander werke opgeneem is. Dit is werklik indrukwekkend. Ek is nou amptelik op soek na daai boek, maar dit het pas verskyn.




Hierdie standbeeld van die perd is gemaak deur Deborah Butterfield en staan bekend as 'Silver bow'. Dit is gemaak van brons, maar oorgetrek met natuurlike 'patina'. Dit lyk asof dit ook van takke gemaak is. Dit is Nancy wat hier staan.



Hierdie standbeeld is voor die besoekerskiosk by die 'Marsh' waar ons gaan voels kyk het. Daar is op die oomblik 'n nes waarop 'n Great Horned Owl en haar kleintjie sit. Hierdie uil het die nes nog nie een keer sedert Januarie verlaat nie, maar het volgens 'n ernstige voelkyker wat ons daar raakgeloop het, vanoggend 10:00 die nes verlaat. Toe ons vanmiddag daar kom, was sy nog steeds uit en het ons net die wit koppie van die jong uiltjie (met baie verbeelding) kon sien.



Hier is in elk geval vir julle gerief 'n prentjie van hoe hierdie uil lyk. 'n Rukkie gelede het iemand 'n video van hierdie uil en kleintjie gemaak en dit op youtube gesit. Gaan kyk gerus by http://www.youtube.com/watch?v=O_UAuzFhCRk . Dis nogal goed gedoen.

Vanoggend het ek hierdie voel voor my kamervenster in 'n boom gesien en vanmiddag uitgevind dat dit 'n 'cardinal' is en ook Indiana se 'state bird'.
Die 'red winged blackbird' is die mees algemene voel wat ons in die 'marsh' te siene gekry het. Hulle is nogal baie mooi in vlug wanneer daardie rooi gedeelte oopvou.


Persoonlik het ek die heel meeste van hierdie blue jay gehou. My foto is ongelukkig nie baie goed nie. Ek het dit van binne die besoekersentrum geneem. Hulle het amper iets soos 'n skuiling binne hierdie sentrum, waar 'n mens baie gemaklik kan sit en na die voels buite kyk. Daar is mikrofone aan hierdie voerhokkies vas wat dan die voelgeluide aan die binnekant van die gebou speel, sodat dit amper voel of jy daar by hulle is. Dit was vanmiddag nogal 'n goeie idee, want dit was verbitterlik koud. My swart hoed het net niks gehelp nie - die wind het eenvoudig dwarsdeur dit gewaai.





Ons het drie soorte eekhorinkies gesien terwyl ons daar gesit het. Hierdie een was die kleinste soort - die rooi eekhoring. Dan was daar ook die grys eekhoring en die 'fox squirrel'. Hy was die grootste van die drie en lyk nogal soos 'n jakkalsie.


Ek het soveel pragtige nuwe voels gesien vanmiddag, maar ongelukkig het my foto's maar droefgeestig uitgekom, so jammer. Hierdie een was 'n houtkapper met so 'n rooi vlek agter die kop - baie mooi, maar my zoom is ongelukkig nie so goed nie.

Vanaand het ek gaan uiteet saam met Gretchen, Charlotte en Sarah. Ons was weereens downtown toe en het hierdie keer by La Scala, 'n baie gewilde Italiaanse restaurant, gaan eet. Hulle kos is regtig aan te bevele en ek kan verstaan hoekom die restaurant so besig was.









Hier sit ek, Gretchen, Sarah en Charlotte en geniet 'n heerlike aand saam uit.

Ek antwoord net gou op sommige van die kommentare wat ek op my blogs gekry het. Johan, my bakkery brood het na 'n week darem nog nie gemuf nie.
Elsabe, sommige mense hier bring ook hulle eie kos van die huis af saam vir middagete, maar die meeste koop maar soos ek iets by die studentesentrum en dan eet ons dit almal saam daar, ongeag of jy dit daar gekoop of saamgebring het. Daar is nege verskillende plekke in die studentesentrum waar jy kan kos koop en verder oorwegend algemene sitplek rondom hierdie eetplekke. Nie een van hierdie eetplekke het mure rondom nie. Niemand sal jou verjaag as jy sommer net daar wil sit nie. Jy gaan koop jou kos, eet dit en ruim self op agter jou. Alles word bedien in weggooibare houers, wat jy in asblikke gooi wanneer jy klaar is. Jy eet ook met plastiekmesse en vurke, wat jy weggooi wanneer jy daarmee klaar is. Selfs in die hotel waar ek bly, is daar slegs plastiekbekertjies, bordjies, messe, vurke en lepels. Dit is die eerste ding wat ek vir my gaan koop het nadat ek hier gekom het; 'n glasbeker, 'n glas, en behoorlike messe, vurke en lepels. Dit was vir my te erg om tee uit 'n kartonbekertjie te moet drink.


Thursday, March 24, 2011

Die winter is terug

Net toe ek dink die lente is nou uiteindelik hier; toe raak dit laasnag weer winter met temperature onder 0 C. Daar was ook 'n paar verdwaalde sneeuvlokkies toe ek vanoggend werk toe gestap het en my oe het behoorlik getraan van die koue wind. Dis vir jou 'n droefgeestige affere.

Gisteraand is ek en Charlotte toe Indianapolis toe vir die jaarlikse Indiana Corn and soybean competition. Dit was nou regtig interessant. Hierdie is 'n kompetisie waaraan studente heeltemal vrywillig deelneem. Dit hou geen verband met hul klaswerk nie, maar die wenspan kry 'n prysgeld van $20,000. Spanne bestaan gewoonlik uit 4 lede. Die opdrag is dat hulle een of ander iets moet fabriseer van of sojabone of mielies. Die produk moet nuut wees (en hulle moet patentsoektogte doen of laat doen om dit vas te stel), bemarkbaar wees en goed en aantreklik verpak wees. Die hele storie is geweldig proffesioneel.

Charlotte het die meeste van hulle bygestaan in hulle patentsoektogte (dis haar spesialiteit). Ons was dan ook bevoorreg om saam met die wenspan vir die sojaproduk aan tafel te kon sit. So, jammer, vanaand is hier geen foto nie, maar die profesionele fotograaf het 'n foto van ons saam met die wenspan geneem en ek hoop om dit mettertyd te kry. Ekself het nie die vrymoedigheid gehad om foto's daar te neem nie, want behalwe die fotograaf het niemand anders foto's geneem nie.

Die saal waar die dinee gehou is, is 'n balsaal en die interieur het my baie laat dink aan Monte Casino se interieur van Italiaanse villas. Nogal heel spesiaal. Die kos was absoluut heerlik en uit die boonste rakke. Ek moet se ek waardeer nogal deesdae goeie kos as ek dit die slag kry, wat maar few and far between is. Ek is nou al 'n bietjie uitgeeet aan die studentesentrum (The Union) se kos. Gelukkig is die 3 weke van konferensie, New York en Washington in die vooruitsig.

So, hierdie naweek wat voorle, is dit weer inpak vir my. Alhoewel, ek wil probeer om slegs my kajuittassie te pak. Sal moet kyk of ek alles daarin kan kry vir 2 weke weg. Ek is nie baie lus om my groot tas op die openbare vervoer rond te sleep nie. Na die twee weke kom ek vir een dag terug en gaan dan weer Washington toe. Gelukkig hoef ek nie my hotelkamer/suite? te ontruim vir die tydperk wat ek nie hier is nie - so ek los net alles wat ek nie wil saamneem nie.

Tuesday, March 22, 2011

'n Interessante Dinsdag

Vanmiddag het ek die 'Life sciences' biblioteek gaan besoek. Hierdie is 'n gedeelte van 'n uitbeelding in die ingangsportaal. Ek het heelwat bekende boeke in die naslaanversameling gesien wat ook in ons biblioteek op vlak 5 staan., maar in die volgende foto wys Vicki Killion my twee boeke in hulle versameling wat oor 'cowgirls' handel. Op dieselfde rak is 'n hele afdeling oor golfbaanontwikkeling. 'n Mens kan 'n 2 of 4 jaar kursus daarin volg aan Purdue universiteit. Dit is blykbaar van die hoogs betaalde werke wat jy in die VSA kan doen.


Dis vir my tog te interessant dat bibliotekarisse hier verwys na gewone algemene biblioteekwerk, maar dan is daar die interessante goed wat die aandag trek en daarna word verwys as die 'sexy stuff''.

Purdue het die interessante gebruik dat een gemeenskaplike leesboek aan alle eerste jaar studente voorgeskryf word om te lees, ongeag jou studierigting. Hulle noem dit 'common reading'. Hierdie boek word sommer by jou verwelkomingsbrief ingesluit wat jy ontvang sodra jy hoor dat jou aansoek om te studeer aan Purdue universiteit goedgekeur is. Hierdie jaar se common reading is: The immortal life of Henrietta Lacks/ deur Rebecca Skloot. Ek het vanmiddag 'n paneelbespreking bygewoon waar professors van verskillende departemente bespreek het hoe hulle hierdie boek by hulle verskillende vakrigtings gaan inkorporeer as besprekingspunt. Dit is 'n boek wat heelwat etiese issues aanspreek, asook gesondheid, rou, ekonomie, ens. Dit was werklik interessant om te hoor hoe die verskillende fakulteite beplan en mekaar raad gee oor hoe om dit in hul kursusse in te sluit.

Vanaand het Donna Ferullo, die kopieregbibliotekaris my vir aandete uitgeneem, en raai wat? Ek het weer salm geeet. Dit was 'n pragtige restaurant met 'n heerlike huislike atmosfeer en die geselskap was goed.

Ek het vandag 'n e-pos van Thea Heckroodt gehad waarin sy my vertel het van hul predikant se preek Sondag waar hy basies gese het dat ons dit aan onsself verskuldig is om ook gereeld te rus en meer spesifiek in Hom te rus. Ek het besef dat in my poging om soveel as moontlik gedoen te kry, sit ek saans tot 11 uur voor die rekenaar en kry eenvoudig nie genoeg rus nie. Ek sal 'n plan moet maak en strepe moet begin trek en tyd moet maak om by Sy voete te gaan sit en rus.

More aand sal ek waarskynlik nie by skryf uitkom nie, want ek is genooi om saam met Charlotte die jaarlikse Soybean and corn awards dinner in Indianapolis by te woon. Ons sal seker eers laat terugkom.

Monday, March 21, 2011

My aanbieding is verby!!!

Sjoe, dis nou vir jou 'n verligting. Die hoer onderwys van SA is nou nie juis die onderwerp waaroor ek gewoonlik praat nie, maar dit is wat vir my gegee is en dit is wat ek vanoggend gedoen het. Ten spyte daarvan dat die aanbieding klaar was toe ons VSA toe gekom het, het ek heelwat idees by die ander 8 bibliotekarisse van SA gekry toe ons nog in Champaigne/Urbana was. Ons het aanbiedings iutgeruil en so het my eie aanbieding taamlik lyf gekry. Ek het ook heelwat van die UP biblioteek se selfevalueringsverslag bygewerk. By die Mortensen sentrum, Illinois het hulle ons ook gekrit en nadat ek al hierdie dinge in aanmerking geneem het en gister heeldag gewerk het daaraan, dink ek die eindproduk was heel goed. Dit het die gewensde uitwerking gehad en heelwat bespreking na die tyd ontlont. Ek het twee ure na my aanbieding eers in my kantoor uitgekom. In daardie tyd het 'n paar van ons darem gaan eet ook en die bespreking voortgesit.
Ek dink die aanbieding het net op die regte tyd gebeur. Dit het my genoeg tyd gegee om my omgewing eers te leer ken en die aanbieding ook by hulle verwysingsraamwerk aan te pas. Nou is daar ook nog genoeg tyd oor om daarop voort te bou. Ek begin al hoe meer die wysheid van die lang tydperk wat ons hier moet deurbring, insien. Ek het na die eerste week hier by Purdue gedink ek het omtrent almal ontmoet en die meeste goed gesien, maar ek besef nou dat ek nodig het om tyd met die mense deur te bring om regtig te verstaan hoe hulle en hulle koppe werk. Natuurlik moet daar ook eers 'n vertrouensverhouding opgebou word voordat mense hulle vreugdes en frustrasies met 'n mens begin deel. Ek vind dit baie bevredigend.

In my heerlike ontspanne toestand toe ek vanmiddag terugstap hotel toe, kon ek ook aandag gee aan al die eekhorinkies wat hier op die kampus rondhardloop en skarrel vir iets om te eet tussen die droe wintersblare. Daar was hordes op die grond rond, maar hulle wou nie mooi stilsit dat ek hulle kon afneem nie, so hier is darem een in die boom wat lank genoeg stilgesit het.

Saturday, March 19, 2011

Wolf houling night at Battle Ground

Whao, wat 'n belewenis! Charlotte het my vanaand na 'n naburige dorpie, Battlefield, geneem na die Wolwepark en 'n 'wolf houling'.
Die gehoor is kortliks verduidelik wat die geluid is wat wolwe maak, wat basies net 'n lang ooooo op een noot is. Die wolwe het aanvanklik op die oorkantste bank van die dam water gele en slaap. Hulle het wakker geword van ons ge'houl' en wraggies begin terug 'houl'. Dit was ongelooflik om hulle te hoor. Na 'n ruk het 'n ander groep 'n bietjie verder in 'n ander kamp begin antwoord. Hulle het 'n manier om op te staan en almal bymekaar te gaan staan wanneer hulle so huil. Daar is 'n 'kleintjie' (1 jaar oud, maar lyk glad nie so klein vir my nie) wat ook deel is van die trop wat heel van 'n ander deel af aangehardloop gekom het om saam met hulle te kom 'houl'.

Daar was 'n jong meisie wat ons 'n uur lank vermaak het op hoekom wolwe huil en wanneer wolwe huil. Daar is 'n trein wat daar naby verby gaan wat hulle altyd aan die huil sit. Daar is 'n trop Kanadese ganse (lyk baie soos kolganse sonder die kol) wat hulle ook afsit. Dit het 'n paar keer gebeur terwyl ons daar was.

Heel naby was ook 'n trop cyotes (dink dis hoe dit gespel word) wat ook tussendeur gehuil het. Hulle klink heel anders.
Die wolwe word op 'n baie jong ouderdom van hulle ma's weggevat en dan handgrootgemaak deur die familie wat by die park bly. Dit is om hulle aan daardie mense spesifiek gewoond te maak en hulle naby hul trop toe te laat, soos in die foto's gesien kan word. Hierdie mense het hulle dan ook by hul name geroep toe hulle nog anderkant die water was, om nader te kom, sodat ons mense hulle beter kon bekyk. Dit het nogal 'n rukkie geneem voordat hulle besluit het om te reageer. Hulle se 'n wolf is baie intelligent en opleibaar, maar reageer omtrent so goed soos 'n kat wanneer 'n mens hulle roep. Hy sal kom as hy lus is, of as die beloning goed is. Als en als was dit 'n heerlike en interessante aand, die koue buite ten spyt. Jammer my foto's het nie so wonderlik uitgekom nie. Julle sal my maar moet glo.


By die wolfpark is daar ook 'n kamp met die Amerikaanse buffalo. Lyk vir my 'n bietjie anders as ons buffels. Weereens is my foto nie baie duidelik nie, soos meeste wildtuinfoto's maar. Die goed het vir my meer soos die bison gelyk - baie harerig aan die voorkant.



Hier is ek en Charlotte by die Tippecanoe Battlefield. Hierdie is 'n nasionale gedenkwaardigheid. In 1811 het die veldslag van Tippecanoe tussen die Amerikaanse soldate en 'n groep indiane hier plaasgevind. Die Amerikaners wou vir eens en altyd die area skoonmaak van die Indiane en die Indiane wou uit die aard van die saak vir eens en altyd die Amerikaners van hul land verjaag. Dit was 'n reuse bloedbad. 'n Mens kan daar lees presies hoeveel Amerikaanse soldate daai dag omgekom en hoeveel beseer is. Daar word geen melding gemaak van die indiaanse ongevalle en sterftes nie. Dit klink vir my baie na die slag van Bloedrivier.





Hierdie is 'n kennisgewing by die Tippecanoe Battlefield omtrent besoedeling en die grafering van harte op die boom se stam wat tot die vernietiging van 'n reuse boom gely het.


Vanaand het ek en Charlotte by Arni's gaan eet. Dis nou vir jou 'n interessante restaurant met die interessantste interieur. Hierdie voorkant van 'n trok is in die ingangsportaal en die res van die restaurant is ewe interessant versier met voertuigdele en allerlei ander antieke goed.
Vroeer het sy my na 'n bakkery geneem om lekker vars brood te gaan koop. Ek het nou die dag tydens middagete gese dat ek nog nie lekker brood hier te koop kon kry nie en die mense om die etenstafel kon dit eenvoudig nie glo nie. Siende dat ons klaar geeet het vanaand, sal ek die brood more uitprobeer.





Thursday, March 17, 2011

St Patrick's day in West Lafayette en eetgewoontes

Toe ek vanoggend in my kantoor kom, sou hierdie oulike bakkie my inwag op my lessenaar. Die inhoud is op die volgende foto te sien. Almal is in 'n feestelike stemming en heelwat mense is in groen aangetrek. Indien jy nie iets groen aanhet nie, staan jy gevaar om geknyp te word. Hier was geen optogte nie. Miskien is dit te wyte aan die feit dat dit hierdie week spring break is.





















By die werk het die tempo definitief nie verslap nie en dis business as usual. Ek het deel geword van 'n heerlike gesellige middagetegroep wat hoofsaaklik bestaan uit bibliotekarisse van die HSSE biblioteek (uitgespreek Hiesie). Dit staan vir Humanities, Social Sciences and Education. Hulle laat my nogal baie dink aan die heerlike gesellige groep wat altyd etenstye saameet in ons teekamer en die geselskap is net so stimulerend en vermaaklik.
Dit het my vandag opgeval dat ek nog nie eintlik oor die eetgewoontes van die Amerikaners, wat ek leer ken het, geskryf het nie. Koffie is 'n uiters belangrike deel van hulle daaglikse bestaan. Waar moontlik sal hulle altyd met 'n houer (nie beker nie, want alles is karton of plastiek) koffie staan. Hulle het nie goed soos teetyd by ons nie, maar almal loop altyd met 'n houer koffie werk toe, in die kantoor, klas toe, vergadering toe - altyd. Alhoewel baie biblioteke reeds toelaat dat studente in die biblioteek eetgoed inbring, kan hulle nogtans verstaan dat ons dit nie toelaat nie. Wat hulle glad nie kan verstaan nie, is dat ons nie koffie in die biblioteek toelaat nie. Hoe moet die studente dan werk?
Wat eetgewoontes aan betref: die mense waarmee ek in aanraking kom, is almal baie gesondheidsbewus en ek sien regtig nie meer oorgewig mense as in SA nie. Wat ek wel oplet, is dat mense nie in die strate of op openbare vervoer eet nie. Dit is duidelik nie deel van hulle kultuur nie. Uit die aard van die saak is daar baie 'fast food' plekke op kampus, soos wat dit maar enige plek in die wereld gaan en studente is geneig om baie koolhidrate te eet. Wat ek wel vir die oorgrote meerderheid van plekke kan se, is dat hulle porsies geweldig groot is en nie noodwendig baie smaaklik nie.
Dit het my opgeval hoeveel mense hier vegetaries is en dan nie uitsluitlik vir gesondheidsredes nie, maar gewoonlik met sterk gewetensbesware teen die eet van enige diere.
Vir my bly die lekkerste wat ek nog hier geeet het, die verskillende kere wat ek salm geeet het, maar dit kry 'n mens uit die aard van die saak nie juis hier op kampus nie. Ek is baie versigtig om ystee te bestel, want dit is terrible sleg. Dit is eenvoudig gewone tee wat koud gemaak is. Jy kan suiker bygooi as jy lus het. Soms geur hulle dit 'n bietjie, maar dit help niks. Dit bly sleg. Hier is wel een maak wat naastenby proe soos Lipton's ice tea. So, ek koop dit soms in die supermark. Ongelukkig kom dit net in glasbotteltjies en is nogal swaar om te dra, so afhangend van die res van my inkopies sal ek dit koop of nie.

Tuesday, March 15, 2011

Downtown Lafayette

Na my koue ontvangs Saterdag in Downtown Lafayette, het Beth besluit om my vanaand die warmer kant te gaan wys. Hier sit ons in 'n Bistro en eet die lekkerste kos wat ek nog hier in Lafayette geeet het. Die geselskap was ook heerlik en interessant. Jammer vir die swak foto - dis die kelner se skuld. Van links na regs is John en Sharon Weiner, Wess en Beth McNeil en ek. Sharon beman die leerstoel vir inligtingsgeletterdheid en Beth is een van die adjunk dekane van die biblioteek - hogere geselskap.

Monday, March 14, 2011

Die eerste tekens van lente in Lafayette



Ten spyte van 'n temperatuur van 0 grade C toe ek vanoggend werk toe gestap het, kan 'n mens, as jy baie mooi kyk, sien dat die bome begin bot.

My oggend het bestaan uit afsprake en besoeke by twee van die 11 departementele biblioteke op die Purdue kampus. Die eerste was in die voorgraadse biblioteek. Hierdie pragtige muurskilderye is in hierdie biblioteek.



Daarna is ek saam met Gretchen, bibliotekaris van die Veeartsenykunde biblioteek na hulle biblioteek. Sy het my per motor soontoe geneem, alhoewel ek nie dink dit is heeltemal so ver van die kampus as wat Pretoria se veeartseny kampus is nie. By die vet biblioteek het hulle verskeie kunswerke wat nogal die oog vang en elk 'n baie interessante storie het.
Volgens legende het al die diere en mense uit 'n klip uitgeklim en lewendig geword. Heel agter is hierdie klip met die gapings waar die mense en diere uit voortgekom het.







Behalwe dat hierdie baie aanskoulike beeldhouwerke is, is dit ook 'n anatomieles. Op die perd kan die anatomie van die perd gesien word.






Die vark vertoon die senuweestelsel aan die een kant en so ook die kat.














Hierdie hond staan wag by die ingang na die biblioteek.








Die titel van hierdie dier is 'From hand to paw'. Die detail daarop is ongelooflik.






Dagligbesparing het gister hier in Indiana in werking getree en ek moes my horlosie weereens 'n uur vorentoe skuif. Dit impliseer dat ek gister 'n uur verloor het, vanoggend 'n uur vroeer moes opstaan (in die donker), maar vanaand het dit later lig gebly. So, ek kon na werk ver gaan stap. Hier is 'n klein 'village' nie ver van my hotel af nie - meestal restaurante - maar ek het soontoe gestap en bietjie rondgedwaal tot ek weer by 'Downtown' van Saterdag uitgekom het. Hierdie foto is van die stapbrug oor die Wabashrivier geneem. Dit is nogal 'n mooi uitsig.
Daar is 'n reuse boekwinkel net voordat 'n mens by hierdie brug kom wat 'n 'closing down sale' het. Daar was so baie boeke wat teen belaglike pryse verkoop word; ek het nie geweet waar om te vat en waar om te los nie. Uiteindelik is ek daar uit met 2 CD's wat tesame $6 gekos het. Die een is kersmusiek van Il Divo en die ander 'n CD van Beth Midler. Die DVD's is net so goedkoop, maar ek was maar skrikkerig dat dit nie op ons DVD spelers sal kan speel nie, so toe los ek dit maar. Ek het onder ander Thornbirds daar gesien en baie lus gewees om dit te koop. Whao, sou ek dit nie graag weer wou sien nie.









Saturday, March 12, 2011

Saterdag in Tippecanoe

Ek is vanoggend met Lafayette se City bus vir die eerste keer tot anderkant die Wabashrivier. Net daar laai die bus 'n mens dan ook af en moet jy 'n ander bus haal om verder te gaan, maar ek wou mos nou juis daardie gedeelte met die voet verken. So, toe stap ek.

Die wind was bitterlik koud, maar siende dat die son nou al van gister af skyn, het ek regtig gedink dit is seker nou al 'n bietjie opgewarm - foutjie. Ek was nie warm genoeg aangetrek nie en het meer as dikwels gewonder hoe ver 'n mens se avontuurlustigheid nou veronderstel is om te strek. Ek was voorwaar die enigste mens in die strate en het regtig gewonder hoekom hulle dit nou juis Downtown noem. Selfs Calvinia is besiger op 'n Saterdagoggend.

Daar was darem 'n hele paar geboue wat besonder mooi was . Die mees indrukwekkendende een is die Tippecanoe County Courthouse hier langsaan. Die volgende foto is een van die Courthouse se deure wat ek van naderby gaan afneem het.


Dan is daar nog 'n paar geboue wat vir my besonder mooi was. Verder was daar net 'Antique shops'. Ek het seker nie 'n oog vir antieke ware nie, maar vir my het dit na ou 'junk' gelyk. Maar, die mense hier is nogal sterk op ou huise en antiekware. Hulle renoveer graag en kan gewoonlik presies vir jou se uit watter tydperk hulle huise kom en wat die styl is, ens.

Ek het gehoor dat 'n mens nou vreeslike 'bargains' op winterklere kan kry, maar nerens kry ek 'n enkele klerewinkel of iets wat 'n mens 'n mall sou noem nie. Ek het nou juis gedink dat 'n lekker groot mall ideaal sou wees vir hierdie koue dag. Nadat ek toe omtrent 'n uur lank rondgedwaal en niks gekry het, behalwe koud nie, gaan ek by 'n kleinerige winkeltjie in en vra. So sou ek toe agterkom dat die Tippecanoe mall besonder ver is en dat ek 'n bus moet haal. Ek gaan staan toe maar buite en wag vir omtrent 'n halfuur voordat 'n bus daar verbykom en sowaar aan die verkeerde kant van die pad ry en my soos 'n stopstraat ignoreer. Toe stap ek maar na die volgende busstop en staan nog 'n halfuur in die koue en verwens my vir my eie hardkoppigheid om nie om te draai en terug te gaan waar ek vandaan kom nie.

Uiteindelik het ek darem by die Tippecanoe Mall uitgekom en dit was die moeite werd. Het genoeg geld uitgegee om oor my frustrasie van sukkel te kom. Hierdie Amerikaners kombineer nie klerewinkels en kruidenierswinkels nie. So, toe ek uiteindelik klaar is by die Mall, moes ek nog 'n blok of wat stap om by 'n Pay Less supermark uit te kom om my kruideniersware wat gedaan is, aan te vul. Dit is nogal 'n uitdaging om nie te veel melk en water en yogurt op 'n slag te koop nie, want dit is vreeslik swaar om te dra.


Hierdie is net 'n interessante huis waar ek in my omswerwinge in Downtown by verbygestap het.
Ek het uiteindelik oor 7 uur vanaand by my hotel aangekom. Water is nou die een ding wat ek darem in die hotel se 'vending machines' kan kry. Toe ek vanaand gaan soek, is al die water uitverkoop by twee van die masjiene en die een wat het, werk nie. Toe drink ek maar Diet Coke saam met my aandete van slaai. Dit was lekker.






Friday, March 11, 2011

Partytime in West Lafayette in honour of Sunette

Vandag was nou behoorlik partytjietyd hier by Purdue. Dit was die laaste dag van die semester. Volgende week is dit die Spring break. Daar is 'n middagete gereel in die studentesentrum, waarheen al die bibliotekarisse heen uitgenooi is. Elkeen het sy eie middagete gebring of gekoop en ons het net lekker saamgekuier. Voortspruitend hieruit was 'n uitnodiging na die Veeartsenykunde biblioteek vir Maandag.


Vanaand was daar weer 'n partytjie by Megan se huis vir slegs die bibliotekarisse van die Ingenieurs en wetenskapbiblioteek. Hier is 'n foto van Steward, Megan, Sunette, Charlotte en Amy. Die foto is geneem deur Megan se 6 voet 7 duim man. Dit is hoekom dit lyk asof dit 'n lugfoto is. Die hoof van hierdie biblioteek, Michael, kon ongelukkig nie daar wees nie, en nog 'n paar ander kon dit ook nie maak nie. Charlotte het 'n beesvleisgereg en rys gemaak en gebring, Megan is vegetaries en het 'n vegetariese gereg gemaak. Amy het 'n heerlike slaai gebring en Steward se vrou het brood en die heerlikste poeding gebring. Kortliks: 'n feesmaal van tuisgemaakte kos. Ek het nogal 'n behoefte daaraan en waardeer hulle moeite.